Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het gereageer op Afriforum se dispuut oor plaasmoorde. Afriforum bevraagteken die misdaadstatistieke wat verlede week deur die polisiediens bekend gemaak is, veral dié wat met plaasmoorde verband hou. Die statistieke dek die tydperk van 1 Oktober tot 31 Desember verlede jaar. Afriforum beweer vyf boere is in dié tyd vermoor, vergeleke met die een moord wat deur die polisie aangemeld is. ’n Woordvoerder van die minister, Kamogelo Mogotsi, sê Mchunu daag Afriforum uit om hul bewering te bewys.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×