Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het ʼn nuwe selfoon-toepassing bekend gemaak wat ingespan gaan word as deel van die departement se veiligheidsplan vir die sektor.

Die minister het gister met verskeie rolspelers in die sektor vergader om veiligheidskwessies in die bedryf te bespreek.

Minister De Lille sê veiligheid is een van die grootste kwessies wat die sektor raak en kan groot gevolge vir toeriste en ondernemings in die bedryf inhou.

Die toerisme-monitorprogram is deel van die regering se ingryping.

Dit sluit opleiding, mentorskap en die ontplooiing van werklose jeugdiges by geïdentifiseerde toeriste-spilpunte in.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×