Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die vorige speaker van die parlement, het die departement van verdediging gevra om haar regskoste te betaal vir haar korrupsie-verhoor. Netwerk 24 berig ‘n ondersoek word nou gedoen na waarom die betrokke amptenaar gunstig op Mapisa-Nqakula se versoek reageer het.
Die versoek is gister aan die kantoor van die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se regsdienste, genl.maj Eric Mnisi, gerig. Hy het dit goedgekeur sonder die toestemming van die minister van verdediging, Thandi Modise. Volgens ‘n verklaring bestudeer Modise haar voorganger as minister van verdediging se versoek en sal dit onderwerp aan die nodige voorskrifte van die wet wat openbare geld beskerm.