Die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het ‘n verdere verlenging van die grasietydperk vir die hernuwing van bestuurslisensies aangekondig. Mbalula het vroeër vandag die media toegespreek. Alle leerlinglisensies, bestuurslisensiekaarte, tydelike bestuurslisensies en professionele bestuurspermitte wat tussen 26 Maart 2020 en 31 Augustus 2021 verval het, word geag geldig te wees tot 31 Maart vanjaar. Die sperdatum vir die einde van die grasietydperk vir die hernuwing van rybewyse is voorheen op 31 Augustus verlede jaar vasgestel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×