Verouderde waterinfrastruktuur, kragonderbrekings en ‘n gebrek aan vaardighede is die oorsake van water verskaffing in provinsies, het min Senzo Mchunu Sondag op ‘n mediakonferensie in Boksburg by ‘n vergadering van die ANC se nasionale Uitvoerende komitee gesê. Hy het gesê Suid-Afrika se damme het genoeg water, die probleem is die verskaffing van water. Dit is deel van die probleem dat munisipaliteite agteruitboer met dienslewering, het hy aan Netwerk 24 gesê. Hy het gesê die ANC is besig met ingrypings soos om water te herlei van gebiede met genoeg water na gebiede wat ‘n probleem het. Dit kan as ‘n vorm van beurtwater bestempel word. Metrogebiede het ook opdrag gekry om reservoir-pompe te vervang asook verouderde en lekkende pype. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×