Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die verkiesingsuitslag het president Cyril Ramaphosa verhinder om die kabinet af te skaal. Ntshavheni het gister in Kaapstad die media ingelig oor die regering van nasionale eenheid. Die nuwe bestuur sluit 77 lede van verskillende politieke partye in.
Die minister sê die kiesers het ‘n uitkoms gekies wat Suid-Afrika met ‘n regering van nasionale eenheid gelaat het. Daarom moet die kiesers verantwoordelikheid aanvaar vir ‘n groter uitvoerende gesag.
Ntshavheni sê intussen geen nuwe minister in die regering van nasionale eenheid kan op sy of haar eie besluit oor beleid in hul onderskeie departemente nie. Sy sê beleid sal slegs op die komende lekgotla van die kabinet geneem word.
Dit volg nadat die ANC gister gesê het hy is bewus van onsekerheid in die openbare diskoers oor die beleidsplatform van die regering van nasionale eenheid.