Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê haar department wag vir die hooggeregshof in Malawi se uitspraak oor ‘n uitleweringsbevel vir die selfverklaarde profeet en voortvlugtige, Shepherd Bushiri.

SABC-nuus berig ‘n Malawiese hof het verlede maand in Suid-Afrika se guns beslis, maar Bushiri en sy vrou Mary het teen die uitspraak geappelleer. Hulle staan in Suid-Afrika tereg op aanklagte wat verkragting en bedrog insluit, en borgtog van twee-honderd-duisend rand is aan hulle toegestaan voordat hulle in November 2020 Malawi toe gevlug het.

Die Bushiri’s is weer in die nuus nadat die sekretaris-generaal van die MK-party, Floyd Shivambu, onlangs hul kerk in Malawi besoek het. Rosestad-nuus get Sondag berig die MK-party het hom gedistansieer van Shivambu se besoek, en sê hy het dit in sy persoonlike hoedanigheid sonder ‘n mandaat van die party gedoen.

error: Inhoud is beskerm !!