Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Sihle Zikalala, het oorlog teenoor die konstruksie-mafia verklaar. Hy het gesê dit sluit nie die moontlikheid uit om die weermag in te span om diegene te hanteer wat infrastruktuurontwikkeling in Suid-Afrika ondermyn nie. Zikalala het gesê hy is bereid om samesprekings met mense met ‘n opregte belangstelling om die konstruksiebedryf te betree, te fasiliteer, maar hy sal nie kriminele elemente duld nie. Kenners het reeds te kenne gegee dat die ontwrigting van konstruksieprojekte die ekonomie sedert 2019 meer as 63 miljard rand gekos het.
