Dit is duidelik dat Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling haar departement as haar persoonlike spaarvarkie aanwend, sê die DA-LP Bridget Masango, woordvoerder van maatskaplike ontwikkeling. Masango beskuldig Zulu dat sy R100 miljoen wat vir oorlewendes van geslagsgeweld bedoel was, na ander burgerlike organisasies oorgedra het waarvan talle nie kwalifiseer om geld te ontvang nie. Masango het in reaksie op ‘n berig in City Press gereageer dat Zulu en die departement se waarnemende direkteur-generaal, Linton Mchunu, geld uit die kriminelebates-herwinningsrekening, of Cara, verkwis het aan entiteite wat reeds langer as ‘n jaar nie-funksioneel was. Masango het gesê die onthulling kom minder as ‘n week nadat die teen-korrupsie-blitslyn onthul het dat 64% aanmeldings verband hou met bedrog by Sassa, wat onder Zulu se department tel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×