Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het die matriekklas van 2023 gelukgewens met hul uitslae.

Suid-Afrika het trots uitgespreek op die leerlinge wat die slaagsyfer met twee-komma-agt persent verbeter het vergeleke met die jaar tevore.

Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sê meer as ‘n halfmiljoen van die leerders wat die matriekeksamen afgelê het, was maatskaplike toelae-begunstigdes.

Meer as 200-duisend van die maatskaplike toelae-begunstigdes het geslaag met toelating tot ʼn baccalaureusgraad.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×