Suid-Afrikaners wat al hoe armer word, het sedert 2019 meer as R58 miljoen betaal om gratis elektrisiteit en water aan ministers en adjunk-ministers se 97 huise te voorsien. Die DA se woordvoerder oor staadsdiens en administrasie, dr Leon Schreiber, sê meer as R7 miljoen is boonop bestee aan alternatiewe kragtoevoer om die ligte by die land se voorste hooggeplaastes aan te hou. Schreiber sê Suid-Afrikaners steier onder die verwoesting van die beurtkrag-krisis wat die ANC-kabinet veroorsaak het. Dit is dieselfde ministers en adjunk-ministers van ‘n ANC-regering wat landsburgers se swaarverdiende belastinggeld gebruik na dekades van korrupsie en wanbestuur. Hy sê hierdie “rockster-ministers” hang uit langs die swembaddens van hul luukse herehuise waar hulle gratis krag en water geniet en deur ‘n ondeurdringbare veiligheidsmuur beskerm word.
