Die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, sê hoëprofiel-staatskapingsake wat tans in die howe draai is ʼn bewys dat wetstoepassers daartoe verbind is om geregtigheid te laat geskied. Dit sluit sake in soos die Vrystaatse asbesdak-skandaal, wat in die Hooggeregshof in Bloemfontein draai, die Estina Sywelprojek asook die Bosasa saak. Minister Lamola en die minister van Polisie, Beke Cele, het gistermiddag LP’s se vrae in die Nasionale Raad van Provinsies mondelings beantwoord. Hulle het veral onder skoot gekom oor staatskaping en die kwessie van onwettige myners, bekend as zama-zamas. Cele sê die polisie het al in 2019 begin optree toe ʼn toename van onwettige mynaktiwiteite in verskeie provinsies ervaar is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×