Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, en minister van handel en nywerheid, Parks Tau, het ‘n media-inligtingsessie gehou oor die regulering van privaatgesondheidsorg.
The Citizen berig daar is besluit om ‘n blokvrystelling in te stel wat mediese fondse in staat sal stel om tariewe kollektief te onderhandel en bekend te maak, wat gesondheidsorg glo bekostigbaarder kan maak.
Die Gesondheidsmarkondersoek, gelei deur oud-hoofregter Sandile Ngcobo, het bevind dat ‘n gebrek aan regulering, deursigtigheid en eksklusiewe kontrakte mededinging belemmer.
Motsoaledi het gesê privaatgesondheidsorg is ‘n onbeheerbare uitgawe en dat die regering nuwe regulerende instellings beplan om koste te verlaag terwyl Nasionale Gesondheidsversekering geleidelik ingestel word.
Die implementering van hierdie aanbevelings is glo vertraag weens Covid-19 en begrotingstekorte.