Ministers van internasionale betrekkinge in die buiteland is bekommerd dat stabiliteit in Suid-Afrika kan wankel as gevolg van die omstrede Phala Phala-aangeleentheid.

Naledi Pandor, Suid-Afrika se minister van internasionale betrekkinge en samewerkende regering, het egter gister gesê selfs al lyk dit asof gemoedere hoog loop, het Suid-Afrika steeds ‘n stabiele demokrasie.

Haar buitelandse eweknieë wou weet of die bevindings in die onafhanklike artikel 89-paneel se verslag, president Ramaphosa se versoek dat dit hersien moet word, en die nasie se reaksie hierop, konflik in die land kan laat ontstaan.

Sy het gesê dat niemand bekommerd moet wees nie.

Oor die Phala-Phala-kwessie sélf, wou Pandor haar nie uitlaat nie.

Volgens haar moet Ramaphosa dit self hanteer, aangesien hy die onderwerp van die verslag is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×