Minstens 13 mense is gister dood, toe ‘n massiewe aardbewing van 7,6 op die Richterskaal, Japan geruk het.

Derduisende mense wat langs die kus woon, is ontruim, nadat tsoenami-waarskuwings in die nadraai van die aardbewing uitgereik is.

Die waarskuwings is intussen deur owerhede teruggetrek. Japan se kragtigste aardbewing, wat die Richterskaal by nege laat draai het, het in 2011 getref.

Minstens 18 000 mense het gesterf en sekere dorpe is totaal uitgewis.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×