In aanloop tot die einde van die jaar, wag daar nie minder nie as 15 wetsontwerpe op president Cyril Ramaphosa se handtekening.

Dit beteken die voorgestelde wetgewing is rééds deur die Nasionale Vergadering goedgekeur, en wag nou slegs op presidensiële bekragtiging.

Die laaste stap verg sy handtekening, mits die president met die besluit van die Nasionale Vergadering saamstem, én mits hy glo dat die nuwe of gewysigde wetgewing, nie
ongrondwetlik is nie.

Indien hy hieroor twyfel, kan hy kies om dit vir verdere debat na die Nasionale Vergadering terug te stuur, óf hy kan dit vir uitsluitsel na die Konstitusionele Hof verwys.

Sou die Konstitusionele Hof bevind ‘n wetsontwerp druis nié teen die beginsels van die Grondwet in nie, moet die president dit onderteken en sodoende tot Wet promulgeer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×