Herman Lombaard van National Crime Assist in Bloemfontein het gesê dat minstens 16 kinders gedurende die inperkingstyd soek geraak het. Volgens hom is al die kinders waarna hulle gesoek het weer terug gevind, maar was die omstandighede waaruit hulle sommige van hierdie jong kinders gehaal het, haglik. Hy het gesê die vermoede bestaan dat meeste van hierdie kinders vasgekeer gevoel het en daarom van hul ouerhuise af weggeloop het, selfs al het dit beteken dat hulle hulself in haglike en gevaarlike omstandighede begewe het. Sedert kinders nou weer voltyds skoolgaan blyk dit volgens hom dat hierdie tendens afgeneem het. Lombaard het dit duidelik gemaak dat dit ‘n miete is dat mens 24 uur moet wag voor ‘n saak van ‘n vermiste persoon by die polisie aangegee kan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×