Minstens 19 mense is dood toe ‘n passasiervliegtuig gisteroggend ongeveer nege-uur in gure weer in die Victoriameer in Tanzanië neergestort het.

Reuters berig daar was 43 mense aanboord dié Precision Air-vlug wat vroeër vanuit die hawestad, Dar Es Salaam, opgestyg het en by die Bukoba-lughawe wou land.

Daar was 39 passasiers, twee vlieëniers en twee kajuitpersoneellede op die vlug.

Die twee vlieëniers het nog met reddingswerkers se aankoms geleef, en het vanuit die vlugkajuit gekommunikeer dat hulle suurstof min was.

Albei vlieëniers was egter reeds dood teen die tyd dat hulle bereik kon word.

Die twee bemanningslede het oorleef.

Streeksowerhede het teen gistermiddag gesê dat 26 passasiers gered is, maar het later bevestig dat slegs 24 mense die ongeluk oorleef het.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×