Minstens 27 mense, onder wie verskeie kinders, is dood in ‘n brand in ‘n speletjies-arkade in Rajkot in die weste van Indië.

Reddingswerkers is teen Sondag laatoggend steeds besig om in die puin na oorlewendes te soek. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie, maar volgens plaaslike media is twee mense in hegtenis geneem vir ondervraging.

AFP berig oorlewendes voer aan dat hulle deure moes afskop en by vensters moes uitspring, en ‘n ry liggame wat in wit lappe toegedraai was, het voor die sentrum in Rajkot gelê voordat dit deur owerhede weggeneem is.

‘n Polisiewoordvoerder het vroeër aan die BBC gesê 24 mense is oorlede, maar ‘n regeringsamptenaar het op die toneel van die brand by die pretpark aan verslaggewers bevestig dat die dodetal teen laat vanoggend tot 27 gestyg het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×