Minstens 300 mense is dood in voortslepende gewelddadige betogings in Bangladesj. Reuters berig die onluste het gister weer volskaals opgevlam, met betogers wat steeds sjeik Hasina Wazed se bedanking eis. Die Students Against Discrimination-beweging, neem glo die voortou met die betogings oor die kwota-beleid vir staatsdiensaanstellings.

Hoewel meeste kwotas drie weke gelede deur die hof geskrap is, wil die groep nou hê Wazed moet openbaar verskoning maak vir die geweld waartoe die kwotastelsel volgens hulle gelei het. Die groep eis ook die herstel van internetverbindings, heropening van universiteitkampusse en vrylating van diegene wat in hegtenis geneem is. Nagenoeg 150 mense is in verlede maand se betogings dood en duisende is beseer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×