Minstens 43 mense is dood toe polisieklopjagte op dwelmbendes in Brasilië geloods is.

Die polisie het bevestig minstens 10 van die verdagtes is ten tyde van die jongste klopjag in ‘n hewige skietgeveg in Rio de Janeiro dood.

Veertien mense het vroeër gesterf toe ‘n polisieklopjag in die staat São Paulo uitgevoer is.

Daar word ook berig 19 verdagtes is sedert Vrydag in die noordoostelike deelstaat Bahia vermoor.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×