Die uitbreek van Afrika-varkpes by George in die Wes-Kaap, is deur die departement van landbou bevestig.

Minstens 45 varke is reeds weens dié hoogs aansteeklike varksiekte dood. Plase in die Groeneweidepark-gebied by George is onder kwarantyn geplaas, in ‘n poging om verspreiding hok te slaan.

Dit is die vierde keer binne slegs twee jaar, dat díe siekte in dele van die Tuinroete uitbreek. Afrika-varkpes-gevalle is ook vroeër vanjaar in die Vrystaat, Gauteng en Noordwes aangemeld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×