Minstens 57 mense is vroeër vandag in twee afsonderlike selfmoordbomaanvalle in Pakistan dood.

Die aanvalle is geloods terwyl moskee-gangers aan feestelikhede deelgeneem het om die geboortedag van die Profeet Mohammed te herdenk.

Die twee moskees is albei in provinsies geleë wat ‘n grens met Afghanistan deel.

Volgens Reuters het die eerste aanval 52 lewens geëis, toe die aanvaller se bom ontplof het waar mense vir ‘n optog saamgedrom het.

Vyf mense is in die tweede aanval dood.

Geo News berig die moskee se dak het ineengestort en tientalle mense is onder die puin begrawe.

Geen groep het tot dusver verantwoordelikheid vir die aanvalle geneem nie.

Minstens sestig mense is beseer en daar word verwag dat die dodetal kan styg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×