Minstens 55 mense is reeds dood in wegholbrande in Hawaii.

Amptenare hier het gesê die dodetal sal na verwagting bly styg.

Josh Green, goewerneur van Hawaii, het gesê meer as ‘n duisend mense word steeds vermis.

Volgens Green beteken dit nie dat hierdie mense noodwendig in die brande gesterf het nie.

Hy het aan Independent verduidelik ‘n reuse gebrek aan kommunikasie het tot gevolg dat die vermiste persone se ligging en omstandighede onbekend is.

Groot gedeeltes hier is sonder elektrisiteit, en daar is bykans geen selfoon, of selfs radio-verbinding nie.

Kommunikasie tussen nooddienste en die owerhede geskied hoofsaaklik met behulp van satellietfone.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×