Terwyl gesinne in KwaZulu-Natal besig is om geliefdes te begrawe wat in die vloedramp dood is, soek ander steeds na hul geliefdes tussen die puin. Sihle Zikalala, premier van KZN, het Dinsdag gesê minstens 63 mense word nog na dié verwoestende vloede vermis. Die amptelike sterftesyfer staan op 435. Zikalala het gesê die ramp het lewens geëis, broodwinners weggeneem en in sommige gevalle gesinne totaal uitgewis. Hy het gesê dit maak gemeenskappe onstabiel. Skade wat in April deur die oorstromings aangerig is beloop miljarde rande. Die ramp is die grootste van sy soort in die geskiedenis van Suid-Afrika.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×