Die minister van polisie, Senzo Mchunu, het die dringende kwessie van versekeringsverwante moorde in die Oos-Kaap aangespreek.

Mchunu het by die 10111 Bevelsentrum die ontstellende tendens uitgelig waar individue deur kennisse of familielede vermoor word in ‘n poging om voordeel uit versekeringsuitbetalings te trek.

Central News berig minstens 67 mense as gevolg van dié moorde oorlede.  Nelson Mandelabaai-metro as ‘n beduidende area van kommer gemerk.  Ondersoeke toon dat 145 individue reeds uit hierdie moorde voordeel getrek het.

Een so ‘n saak is dié van die 51-jarige Shayhieda Dollie, wat verlede maand tot 25 jaar tronkstraf gevonnis is omdat sy die moord op haar 22-jarige seun georkestreer het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×