Meer as 800 spazawinkels se registrasie-aansoeke is by die Mangaung Metro se kantore in Bloemfontein ingedien.
SABC-nuus berig die munisipaliteit sê die grootste probleem is dat winkeleienaars nie by die belastinggaarder of by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom geregistreer is nie.
Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling, Theodora Mosala sê hulle het ‘n veldtog van stapel gestuur waartydens 2 500 mense oor die kwessie navraag kom doen het.
Mosala sê die meeste doen reeds jare lank sake, terwyl hulle nie geregistreer is of titelaktes besit nie