Nie minder nie as 90 000 betogers het in die hoofstad van Mexiko saamgetrek.
Die protes-aksie het ten doel om kapsie te maak teen voorgestelde veranderinge aan die land se verkiesingsprosedures, en kom in aanloop tot Juniemaand se presidensiële verkiesing. Die opposisie beskuldig president Andrés López Obrador daarvan dat hy probeer om Mexiko se Nasionale Verkiesingsinstituut lam te lê.
Alle werksaamhede van die Instituut behoort onafhanklik en onpartydig te wees.