Minstens agt mense is dood in ‘n rommelverskuiwing by ‘n stortingsterrein in Uganda se hoofstad, Kampala. Onlangse swaar reënval het daartoe bygedra dat huise onder vullis begrawe is, toe die reuse hoop vullis meegesleur is, soos met ‘n modderstorting.

Dit wat aanvanklik ‘n groot aardholte vir die Kiteezi-stortingsterrein was, het oor dekades heen in reusagtige rommelheuwel ontaard.

Kiteezi is die enigste stortingsterrein in die hoofstad.

Kampala se inwonertal oorskrei die 4 miljoen-kerf. Minstens veertien mense is lewend uit die vullis gered. Daar word nie genoem hoeveel mense moontlik na die voorval vermis word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×