Minstens ses mense is in die suide van Slowakye dood, toe ‘n sneltrein met ‘n bus by ‘n spooroorgang gebots. Daar word in die media berig dat minstens nog vyf ander in die
voorval beseer is. Meeste van die oorledenes was insittendes van die bus.
Die treindrywer, asook die busbestuurder, tel onder die beseerdes wat in die hospitaal opgeneem is. Volgens amptenary het die bus met impak in twee geskeur.