Minstens ses mense is dood toe ‘n gewapende man op inwoners van ‘n versorgingstehuis in Kroasië losbrand. Vyf mense, wat ook die skieter sa ma insluit, is in die huis in die oostelike dorp Daruvar dood, terwyl nog ‘n persoon later in die hospitaal gesterf het.

Die plaaslike polisie sê verskeie ander is ook in die voorval beseer, waarvan vier steeds in ‘n kritieke toestand is. Die verdagte het ná gister se aanval van die toneel gevlug, en is later by ‘n kafee in hegtenis geneem. Daar word berig hy is ‘n oudlid van die land se militêre polisie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×