Minstens twee mense is vroeg vanoggend dood en een gewond toe ‘n Russiese lugaanval op die Oekraïnse hoofstad Kiev geloods is.

Die stad se burgemeester, Vitali Klitschko, het in ‘n Telegram-boodskap geskryf skrapnel het op verskeie geboue geval, terwyl Oekraïnse magte die lugaanval afgeweer het.

Reuters berig die liggame van twee mense is in ‘n industriële gebou gevind en een persoon is deur glasskerwe gewond.

Verskeie geboue was ‘n uur gelede nog aan die brand.

Klitschko het nie gesê of die skade deur oorblyfsels van missiele of van hommeltuie aangerig is nie.

Suid-Afrika se ambassadeur in Oekraïne, André Groenewald, het nog nie op ‘n vroegoggend-navraag reageer nie.

Hy het vroeër aan Rosestad-nuus gesê dit is van groot belang dat die Suid-Afrikaanse vlag in Oekraïne bly wapper.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×