Minstens vier mense is dood toe ‘n brand op die vierde verdieping van ‘n woonstelblok in die Spaanse stad Valencia uitgebreek het.
Minstens 14 mense, insluitend ses brandbestryders en ‘n jong kind, is beseer. Daar word verwag dat die dodetal kan styg, aangesien 19 mense nog vermis word.
Die 14-verdiepingblok het huisvesting aan nagenoeg 450 inwoners gebied.