Tussen 27 Augustus en 1 September sal minstens vyf asteroïdes na verwagting verby aarde beweeg.  Volgens Nasa se Jet Propulsion Laboratory hou hulle nie enige bedreiging in nie. En is dit ‘n wonderlike geleentheid vir wetenskaplike waarneming aangesien dit die geleenthede bied vir sterrekundiges en navorsers om hul komponente noukeurig te bestudeer.

Monitering van asteroïdes help wetenskaplikes om hul voorspellings oor toekomstige benaderings te verfyn en te verseker dat potensiële bedreigings vroegtydig geïdentifiseer word. Die eerste astroïde, wat min of meer die grootte van ‘n vliegtuig is sal op die 27ste gesien kan word terwyl die kleinste een van die 5, die grootte van ‘n bus, sy verskyning 1 September sal maak. Ten spite van sy grootte hou wetenskaplikes hom ook dop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×