Die personeelvereniging vir die motorbedryf (Misa) is geskok oor die jongste geslagsgebaseerde geweld-statistieke wat gister vir die April tot Junie-tydperk vrygestel is.
Ongeveer 966 vroue is vermoor, en die poging tot moord op vroue het ‘n toename van 16 persent getoon. Pogings tot moord op kinders het ook ‘n toename van 20 persent getoon.
Die hoof uitvoerende beampte van Misa, Martlé Keyter, sê die statistieke dui daarop dat daar geen maatskaplike stryd teen vrouemoord en geslagsgebaseerde geweld is nie.
Die vereniging doen ‘n beroep op gemeenskappe om aan die verpligte aanmelding van mishandeling, verwaarlosing, blootstelling aan gesinsgeweld of seksuele aanranding van kinders te voldoen.