Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, sê ‘n spesiale taakspan is nodig om misdaad by die Oos-Vrystaat-grens met Lesotho hok te slaan.

Netwerk24 berig Jankielsohn bestempel dit as ‘n oorlog wat woed.

Ten tyde van ‘n debat oor die Vrystaatse premiersrede, het Jankielsohn gesê terwyl premier Maqueen Letsoha-Mathae melding maak van ‘n taakspan teen onwettige mynboubedrywigheid, het sy niks gesê oor die situasie by die Vrystaat/Lesotho-grens nie.

Hy sê albei hierdie kwessies is belangrik genoeg om spesiale taakspanne te regverdig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×