Met misdaad wat hoogty vier, is dit van kardinale belang dat mense deurgaans bedag op bedrywighede in hul omgewing moet wees. Dít aldus Herman Lombaard van NCA in Bloemfontein. Lombaard het gesê inwoners kan ‘n groot rol daarin speel om die hande van die polisie en ander misdaadbekampingsgroepe te versterk. Wanneer dit by voertuie kom, het hy ‘n paar riglyne vir die identifisering van verdagte optrede uitgelig. Voertuie wat sonder nommerplate ry, wat baie stadig deur woonbuurte ry en waarvan die insittendes foto’s van die omgewing neem, behoort die waarskuwingsligte beslis te laat flikker. Hy het gemaan dat lede van die gemeenskap nie self verdagte persone moet nader nie en moet hulle enige verdagte optrede by die polisie of misdaadbekampingsgroepe in hulle omgewing aanmeld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×