Misdaadvoorkoming, -bekamping en -bestryding in Bloemfontein is lank reeds nie meer iets wat slegs deur ‘n klein groep mense behartig kan word nie. Met misdaadstatistiek wat die hoogte inskiet het dit nou die taak van talle rolspelers in die gemeenskap geword. Só sê Herman Lombaard van National Crime Assist, wat ‘n burgerlike sambreel-organisasie vir die stryd teen misdaad is. Lombaard het aan Rosestad-nuus gesê dit is baie belangrik om te benadruk dat daar talle rolspelers is wat elke dag hierdie dapper stryd stry. Hy het gesê dat lede van elke burgerlike groep of buurtwag wat hom met misdaadbekamping bemoei erkenning behoort te kry. Volgens hom werk privaat-sekuriteitsmaatskappye, burgerlike organisasies, die polisie en ander nooddienste in Bloemfontein daagliks saam. Hy het gesê sukses teen misdaad kan slegs behaal word wanneer gemeenskappe saamstaan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×