‘n Nuwe MIV-voorkomingsinspuiting is nou beskikbaar vir ‘n uitgesoekte aantal mense in Suid-Afrika.

Verskeie publikasies, insluitend Daily Maverick en MSN, berig dat ‘n jong persoon in Kaapstad vroeër hierdie maand een van die eerstes in die land geword het wat ‘n nuwe MIV-voorkomingsinspuiting buite ‘n kliniese proef ontvang het. Die inspuiting bevat ‘n langwerkende formulering van die antiretrovirale middel cabotegravir (kortweg CAB-LA).

Een spuit bied twee maande se beskerming teen MIV-infeksie. ’n Verpleegster en studiekoördineerder, Pakama Mapukata, sê die eerste persoon wat die CAB-LA-inspuiting ontvang het, het goed gereageer. Alhoewel die inspuiting nog nie geredelik beskikbaar is vir die meeste lede van die publiek nie, sal ‘n uitgesoekte aantal mense in SA toegang daartoe kan kry via loodsprojekte.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×