Oudpres Jacob Zuma, die MK-party se nommer-een kandidaat, sê wanneer die verkiesing verby is, gaan hulle wonderwerke verrig. Maroela Media berig Zuma het tydens ‘n byeenkoms in Nkandla gesê die party gaan alles in die land regmaak wat verkeerd is.

Zuma, wat daagliks hoofopskrifte haal weens sy verbintenis met die MK asook hofsake, is deur ‘n skare ontvang wat sy naam gedreunsang het. Zuma is deur kiesers tydens die byeenkoms beskryf as die enigste man wat Suid-Afrika se probleme kan oplos. Volgens peilings kan die MK-party 13% van die stemme tydens die verkiesing trek. Zuma het in 2018 die trekpas as Suid-Afrika se vierde president gekry weens ‘n vlaag korrupsiebewerings teen hom. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×