Adv Dali Mpofu vir die MK-party, het in die kieshof in die Johannesburgse hooggeregshof tydens die appélaansoek teen die OVK wat oudpres Jacob Zuma verbied om ‘n parlements lid te word, gesê enige burger het die reg om vir ‘n openbare amp te staan. Netwerk 24 berig Mpofu het vanoggend gesê as ‘n land kan Suid-Afrika nie bekostig om die MK-party of Zuma van hul regte te ontsê nie.
Hy het aangevoer Zuma se regte word ontneem ingevolge Artikel 19 van die Grondwet. Mpofu het gesê miljoene mense het in die verlede nie regte gehad nie omdat hul organisasies verbied is om aan die politieke proses te kon deelneem. Die saak duur voort.