Die MK-party se leier in die parlement, John Hlophe, het kommer uitgespreek oor die regering van nasionale eenheid.

Hlophe en 57 ander party-afgevaardigdes is Dinsdag as parlementslede ingesweer. Hy meen die voortdurende twis oor kabinetsposisies dui daarop dat die nuwe regering meer onsekerheid as eenheid sal hê.

Hlophe het aan die media gesê die MK-party wil nie posisies of mag hê nie. Die MK-party sal saam met opposisiepartye, insluitend die EFF, in die parlement werk.

Die voormalige minister van Sport en Kultuur, die korrupsiebeskuldigde Zizi Kodwa, is ook Dinsdag as ʼn parlementslid ingesweer. Hy het nie media-vrae oor sy ontplooiing geantwoord nie. Hy sê die ANC is die beste geskik om enige vrae oor sy ontplooiing te beantwoord. Kodwa is vroeër vandeesmaand gedwing om uit sy ander poste te bedank – soos vereis deur die ANC se opsystaanbeleid – weens korrupsie-aanklagte.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×