In die afwesigheid van steun, is ‘n bloedneus amper al wat Jacob Zuma se MK-party by tussenverkiesings in Limpopo en in die Oos-Kaap kon kry. Hier kon Jacob Zuma se uMkhonto weSizwe-party nie daarin slaag om meer as ‘n skamele 1% van die stemme op die party te vestig nie.
Die MK-party geniet skynbaar wel groot aanhang in KwaZulu-Natal . . .maar sê sekere kiesers, dat dit slegs die oudpresident se betrokkenheid by die party is, wat vir die KZN-steunbasis verantwoordelik is.