Die Konstitusionele Hof gee die MK-party tot môre kans om redes te verstrek oor waarom oudpresident Jacob Zuma toegelaat moet word om as kandidaat in die verkiesing
te staan.
Die OVK nader die Konstitusionele Hof, nadat die Verkiesingshof ‘n besluit omgekeer het, oor twee besware dat Zuma weens sy kriminele skuldigbevinding nie verkiesbaar is nie.
Die wet skakel enige kandidate uit, wat in aanloop tot ‘n verkiesing, ‘n vonnis van meer as 12 maande gevangenisstraf opgelê is.