Die MK-party het gister sy appèl teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie se besluit om oudpresident Jacob Zuma van die party se kandidaatlys te verwyder, ingedien. Die party sê die Onafhanklike Verkiesingskommissie, of OVK, het geen jurisdiksie om lidmaatskap van die Nasionale Vergadering te reguleer nie.

Die OVK het na besware beslis Zuma kwalifiseer nie as LP ingevolge die Grondwet nie. Die MK-party beskuldig die OVK daarvan dat hy bevooroordeeld teen Zuma is. Die party se woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, het aan SABC NEWS gesê die argument dat Zuma nie as kandidaat kan staan weens sy 15 maande vonnis deur die Konstitusionele Hof nie, is verkeerd. Die party voer aan Zuma is nie aan ‘n strafregtelike oortreding skuldig bevind nie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×