Die MK-party wil met die gebruik van die MK-handelsnaam en logo op die ANC se rug ry tot in die Parlement. So het adv Gavin Marriott SC, vir die ANC, Woensdagoggend in die Durbanse hooggeregshof betoog in die saak waar die party die MK-party se gebruik van die MK-naam en logo betwis.
Volgens Marriott is daar reeds verwarring onder mense wat dink die MK-party is ‘n afstammeling van die ANC. Netwerk 24 berig hy het gesê die gebruik van die logo is nie deur die ANC goedgekeur nie.
Die kleur van die logo is glo nie die probleem nie, maar wel die woord “warrior” wat daarin verskyn. Honderde MK-ondersteuners sing en dans buite die hof.