Die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, dring daarop aan dat president Cyril Ramaphosa by haar vervolgingsondersoek moet getuig. Haar prokureur wil hê die parlement se Artikel 194-komitee moet hom dagvaar, nadat Ramaphosa ‘n uitnodiging om te getuig van die hand gewys het en gesê het dit sou onvanpas wees. Mkhwebane is tans in ‘n hofstryd met Ramaphosa gewikkel oor sy besluit om haar te skors hangende die verrigtinge oor haar geskiktheid om die amp te beklee. Die ondersoek sal vandag voortduur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×