Mkhwebane het vlugtig in die Pretoria Landdroshof verskyn

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane het vlugtig in die Pretoria Landdroshof verskyn op drie aanklagte van meineed.

Die saak is uitgestel om die nasionale direkteur van vervolging tyd te gee om ‘n voorlegging deur Mkhwebane se regspan te oorweeg dat die aanklagte teen haar laat vaar moet word.

Mkhwebane word daarvan beskuldig dat sy onder eed gejok het oor vergaderings met oudpresident
Jacob Zuma.

Luister na potgooie hieronder