Busisiwe Mkhwebane is nou amptelik ingevolge die grondwet deur die President as Openbare Beskermer verwyder. Die Presidensie het dit in ‘n verklaring bevestig. Dit volg nadat die Nasionale Vergadering Maandag gestem het om ‘n verslag van die parlement se Artikel 194-komitee te aanvaar, wat bevind het dat Mkhwebane weens wangedrag en onbevoegdheid verwyder moet word. Meer as tweederdes van die Nasionale Vergadering het gestem om die verslag te steun. Die Presidensie sê President Cyril Ramaphosa het aan Mkhwebane geskryf om haar in te lig dat sy van haar amp onthef word.