Die geskorste Openbare Beskermer, advokaat Busisiwe Mkhwebane, het ‘n nuwe regspan aangestel om haar saak voor die Artikel 194-parlimentêre komitee van ondersoek te stel.
Rosestad-nuus het vroeër berig die komitee het reeds sy voorlopige verslag uitgereik.
Luidens die verslag het die meeste komiteelede bevind sy was onbevoeg om die amp van OB te beklee.
Die voorlopige verslag dui onder meer op beweerde ongerymdhede met betrekking tot ondersoeke na die Reserwebank en die Vrede-melkprojek in die Vrystaat.
Daar is ook bewerings dat sy werknemers in haar kantoor geteister het.
Mkhwebane het tot Maandag om op die bevindings in die voorlopige verslag te reageer.